Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Wladimirowna en die van is Romanowa.

Maria Wladimirowna

Huis Holstein-Gottorp-Romanof
Gebore 23 Desember 1953
Eggenoot Prins Franz Wilhelm van Pruise (geskei 1985)
Kinders Groothertog Georgi Michailowitsj
Vader Groothertog Wladimir Kirillowitsj
Moeder Prinses Leonida Georgievna Bagration-Moukhransky

Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland (Russies: Мари́я Влади́мировна Рома́нова; geb. 23 Desember 1953 in Madrid) is sedert 1992 ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die Huis van Romanof en die titel keiserin en outokraat van Rusland. Sy gebruik haar lewe lank die titel "groothertogin" en die aanspreekvorm "keiserlike hoogheid", hoewel haar reg tot die titel betwis word.[1][2] Sy is ’n agter-agterkleindogter van tsaar Aleksander II van Rusland deur die manlike lyn.

  1. Massie, p 269
  2. Flintoff, John-Paul (20 September 2003). "Tsar Struck" (in Engels). John-Paul Flintoff. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Julie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search